KLEURANALISE VIR N TROUROK

by Bruidsgids
9 views

Written By: Baruch Bridal Boutique

 

Daar is so baie kleure om van te kies wanneer daar beplan word aan ‘n droom trourok.

 

Om uit te staan as die perfekte bruid van die jaar, is die regte kleur van die trourok baie belangrik. 

 

Die verkeerde kleur trourok kan jou velkleur bleek laat lyk, jou oë dof laat vertoon en jou haarkleur minder lewendig laat lyk.

 

Die regte kleur trourok sal jou velkleur laat gloei, jou oë laat uitstaan en jou haarkleur laat skitter.

 

Daarom is dit belangrik om ‘n kleur te kies wat jou natuurlike gelaatstrekke komplimenteer en jou laat stralend voel op jou spesiale dag.

 

Hoe weet ek watter kleur trourok ek moet vermy en watter kleur sal my komplimenteer.

 

SPIERWIT:

Velkeur:  Meduim of donker velkkeur

Wenk:  Kan ‘n baie ligte vel bleek laat lyk en rooiheid beklemtoon.

 

IVOOR OF SJAMPAGNE

Velkkeur:  Warm, olyfkleurige en donker velkeure.

Wenk: Die verkeerde skakering kan die vel gelerig of vaal laat lyk.

 

BLOSROOI (BLUSH) OF NUDE

Velkleur:  Ligte, meduim en donker velkleure

Wenk:  Kan rooiheid beklemtoon of die vel vaal laat lyk.

 

*BELANGRIKE WENK

Hoe beinvloed lig die kleur van jou rok?

 

Beligting met die keuse van ‘n trourok speel ‘n belangrike rol. Lig kan die kleur van jou trourok heeltemal anders laat vertoon. Dit kan ook jou haarkleur, oogkleur en velkleur anders laat vertoon.

 

WENK:

Die vertrek moet ‘n venster hê waar daar natuurlike daglig is. Natuurlike lig sal help dat jy die regte kleur trourok kies wat jou voorkoms die beste vertoon.

 

Wanneer jy gaan trourokke aanpas, pas verskillende kleure aan om seker te maak wat pas die beste by jou. Moenie ‘n kleur kies wat as “in die mode” beskou word nie. Kies wat jou natuurlike skoonheid die beste beklemtoon.

You may also like