Written By: Baruch Bridal Boutique
Jou droom rok! Jou oomblik!
Jou storie!
Jou mooiste dag begin met die perfekte rok.
Trourokke trek aandag!
Dis die een rok wat die meeste oë na jou toe trek en natuurlik waarin jy die “ja-woord” gee.
Trourokke het die vermoë om jou van ‘n gewone oomblik na ‘n onvergeetlike oomblik te neem.
Wanneer ‘n bruid haar perfekte trourok moet kies, ontstaan daar dikwels ‘n paar belangrike vrae.
Ons gaan kyk na vyf(5) moontlike vrae.
- Wat sal die kleur van my rok wees?
* Tradisionele wit of Ivoor?
* Blos(blush)
* Gewaagte kleure soos swart of rooi
* Of ‘n sjampagne kleur
Die kleur van jou trourok kan jou gelaat ophelder terwyl die verkeerde kleur jou bleek kan laat lyk.
- Watter styl sal die beste pas?
* Kies ek ‘n A-lyn, Meermin, Ballonrok, Keiserstyl of noupassed.
Die perfekte styl moet jou figuur komplimenteer en ook jou persoonlikheid weerspieël.
- Gaan ek n rok:
*Huur of
*Koop
Of ek ‘n rok huur of koop, albei keuses het voordele en nadele.
HUUR:
Voordeel: Dis die winkel se verantwoordelikheid om die rok skoon te maak.
Nadeel: Jy loop heeltyd met “winkelstres” want die rok moet in ‘n goeie toestand terug besorg word.
KOOP:
Voordeel: Jy wil ‘n unieke rok dra en jy wil die vryheid hê om te kan dans, loop en fotos neem sonder n bekommernis dat die rok iets oorkom.
NADEEL:
Finansieële uitdagings
- Wat is my begroting vir my trourok?
Om ‘n begroting te hê help jou om jou keuse binne jou finansiële vermoëns te hou.
- Sal ek ‘n:
* plein, eenvoudige rok kies of
* ‘n rok met baie kant
Hierdie besluit sal afhang van jou persoonlike smaak.
Trourokke word ‘n paar ure gedra, so jy moet gemaklik voel en ook vrylik kan beweeg in jou rok.
Trourokke is beslis een van die belangrikste besluite rondom jou troudag. Dit is die rok waarin jy jou storie begin skryf.


