Jou Liefde Gee My Skoenlappers

by Bruidsgids
208 views

Written by: Domina-Charlidon

Photographer  Chandre Jacobs Studios Photography 
Venue  Heito Potato Function Venue
Dress  Tannie Noeline
Bride and Groom  Theresa en Hannes
Moissanite Namaqua Moissanite
Flowers Mariette Burger

 

Die liefde kan op enige oomblik na jou toe kom…  Soms kom dit uit die bloute en gee Jou skoenlappers in Jou maag. Theresa het ñ idee gehad vir ñ buitengewone trou ring met skoenlappers en “infinity” motiewe. 

Ons het haar droomring vir haar ontwerp vanaf ñ inspirasie prentjie.

Geset in sterling silver het hierdie pragtige ring reg rondom kleurlose moissaniet stene in met ñ pragtige markiesie (marquise) Steen in die middel met Klein ronde moissaniete rondom.

Die kante het skoenlapper motiewe gevorm deur kleiner markiesie stene en ronde stene, gevolg deur ñ “infinity” patroon.

Gepas vir ñ mooi liefde wat oneindig blom.

Theresa en Hannes het in die lente getrou en dit was ñ idiale tyd met blomme wat blom, liefde en vreugde in die lug. Ons het ook ñ houtstomp boksie gemaak met Geloof. Hoop en Liefde op graveer.

Theresa het ook van ons bruids pêrel oorbelle aangehad wat sagte pienk, room en appelkoos kleurige vars water pêrels in het met ñ silver blommetjie. Die oorbelle het ñ boom tak motief.

Alles het mooi bymekaar gekom vir die idiale lente troue met helder kleure, blomme op haar rok en naels, bond rooi lippe en hare en met die mooiste bruid om alles te dra en ten toon te stel. Dankie dat ons deel kon wees van Jou mooi dag.

 

Al die stene in die ring kom van Namaqua Moissanite af en is dit nie ook so mooi gepas vir die lente en blomme gevoel nie.



You may also like