Anel & Stuart

by Bruidsgids
103 views

Written By: Fijnbos Wedding and Lifestyle Photography

Photographer = Fynbos Wedding & Lifestyle Photography 
Venue = Coney Glen Beach, Knysna, Western Cape
Videographer = Alora Videographer
Events Setup = La Luna Wedding & Events

 

Dis elke dag amazing om in die pragtige omgewing van die Tuinroete te bly en n fotograaf te kan wees.  Die opsies is net oneindig en soms weet mens nie watter area om te kies vir die perfekte geleentheid omdat daar net te veel opsies is!! LOL..

 

Ek het Anel & Stuart so 2 jaar terug ontmoet met n Familie sessie op die strand by Glentana George.  Die 2 is perfek vir mekaar.  So 5 jaar terug het hul in n klein dorpie in Amerika ontmoet.  Anel kom uit Noord Kaap en Stuart uit die Noordwes.  Hul ontmoeting in Amerika was net toevallig.  Beste maatjies geword in die tydperk.  Covid het n impak gehad om hul nog nader aan mekaar te bring toe albei gestrand is in Amerika en hul vriendskap het meer gegroei as vriende toe Stuart Anel 2 jaar terug vir n ‘Skydive’ ekspedisie neem en toe hul land op aarde vra hy haar om sy meisie te word!  Stuart het steeds in Amerika gewerk en Anel moes terug kom Suid-Afrika toe.  Hul verhouding het sterker gegroei en 1 jaar later veras hy Anel met die groot vraag op Coney Glen strand Knysna in die pragtige Tuinroete.

 

Die dag was perfek en Coney Glen strand was die perfekte agtergrond vir die verassing gewees.  Jean Mari van La Luna Wedding & Events garden Route het die pragtige opstel van piekniek vir hul gedoen, Anna Mart van Alora Vidiografie het die video geneem om als vas te vang.  

You may also like