Written By: Sabaan Guest Farm and Event Venue
Jou Droom naweek-troue by Sabaan Guest Farm & Event Venue
Vier julle liefde by Sabaan Guest Farm and Event Venue, waar rustieke sjarme, natuurskoon en die rustige atmosfeer van die Laeveld bymekaar kom.
Van ons uniek ontwerpte kapel tot ons pragtige rustieke onthaalsaal bied Sabaan die ideale omgewing vir julle spesiale dag.
Ons plaas-styl self-sorgverblyf maak dit moontlik vir familie en vriende om saam te kuier en die hele naweek van julle troue te geniet.
Sabaan kan tot en met 100 gaste akkommodeer, jou alles in ‘’EEN’’ destinasie, op een perseel.
Begin die feestelikhede met ’n ontspanne voor-troue viering by ons lapa langs die swembad – perfek vir ’n braai, iets lekkers om te drink, baie lag en kosbare tyd saam met geliefdes. Heerlike speelgrond vir die kinders met swaaie, springmatte en ‘n glybaan.
Of julle ’n intieme troue of ’n groter viering beplan, Sabaan bied die perfekte plek om julle liefde te vier.
Sê “JA”, ontspan, vier fees en skep herinneringe wat ’n leeftyd sal hou!
Jy het die EEN gevind….
Vind nou jou ideale Geleentheidsvenue….
Tel nr: 061 474 7524
Epos: bookings@sabaan.co.za
Marietjie Nagel












