Written By: Mount Amanzi
Troubeplanning kan vinnig in ’n eindelose lys van besluite, reëlings en verwagtinge verander. Wie moet genooi word? Waar sit almal? Wat moet op die spyskaart wees? Hoe gaan die dag verloop? Soms raak dit alles só oorweldigend dat dit wat eintlik saak maak, maklik tussen al die gewoel verlore kan raak.
Dit is juis waarom al hoe meer paartjies ’n weglooptroue kies. Dit gee hulle die kans om weg te stap van al die gejaag en te fokus op wat werklik saak maak: hul liefde en die lewe wat hulle saam begin.
By Mount Amanzi kan paartjies die formele trouplanne verruil vir iets eenvoudiger en meer persoonlik. Hier hoef hulle nie ’n hele dag rondom ’n streng program te bou of aan elke tradisie te voldoen nie. Hulle bepaal self hoe Hulle troudag lyk en watter oomblikke vir julle belangrik is.
Sê julle “ja” op ’n rustige plek, neem die tyd om foto’s te neem en geniet daarna die feit dat daar nêrens is waar julle dringend hoef te wees nie. Klink ’n glasie, geniet ’n ete saam of sit eenvoudig vir ’n oomblik en neem die dag in.
Daar is ook geen vaste resep vir ’n weglooptroue nie. Julle kan die dag net vir julle twee hou of ’n handjievol geliefdes nooi om die geleentheid saam met julle te vier. Dit kan eenvoudig en spontaan wees, of julle kan ’n paar spesiale elemente byvoeg wat die dag persoonlik maak.
Die grootste grootste voordeel is dalk juis die vryheid om minder te doen. Minder reëlings, minder verwagtinge en meer ruimte om teenwoordig te wees op een van die belangrikste dae van julle lewe.
By Mount Amanzi kry julle die geleentheid om die wêreld vir ’n rukkie buite te laat en julle nuwe hoofstuk op julle eie manier te begin.
Kontak Mount Amanzi se trouespan by 012 381 5400 of weddings@mountamanzi.co.za om julle weglooptroue te begin beplan.



