Written By: Baruch Bridal Boutique
BEPLANNINGSLYS VIR MY TROUE
Die groot vraag is: Moet ek ‘n beplanningslys optrek wanneer ek begin beplan aan my troue?
Antwoord: Definitief!!
Om die antwoord te staaf sal die volgende redes beslis help om tot ‘n oortuiging te kom.
- Lyste
Beslis ‘n manier om chaos te voorkom.
- Geheue
Dit dien ook as n geheue middel.
Om alles te onthou wat jy wil doen of wat gedoen en gereel moet word.
- Tyd
Dit is nie goed om reëlings en beplanning tot op die nippertjie uit te stel nie. Deur ‘n lysie op te stel, help dit ons om te onthou wat wanneer gedoen moet word en om seker te maak dat alles betyds in plek val.
- Minder stres en bekommernis
Om al die idees en beplanning op papier te groepeer, verlig beslis die angs en stres wat kan opkrop en jou soos ‘n uitgedroogte lap te laat voel.
- Prioritisering
Deur te prioritiseer rangskik jy jou aktiwiteite in volgorde van belangrikheid, sodat jy eerste aandag gee aan dit wat die belangrikste is en daarna aan die res.
- Voorkom teleurstelling
Om teleurstelling te voorkom tydens jou beplanning en die groot dag, is dit noodsaaklik om alles op n lysie uiteen te sit. Dit help dat belangrike besonderhede nie vergeet word nie en dat alles betyds gereel en bevestig word.
- Finansies
Dit help om beheer te hê oor jou begroting.
- Geniet die beplannings proses
Wanneer al jou reëlings en beplanning op papier uiteengesit is, kan jy die proses soveel meer geniet en minder stres ervaar.
Slot
‘n Goeie beplannings lys gee jou n gevoel van beheer en gemoedsrus, omdat jy weet wat gedoen is en wat nog aandag nodig het.


